John 18:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sodat die woord van Jesus vervul sou word wat Hy gespreek het deur aan te dui watter dood hy sou sterwe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit het só plaasgevind sodat die woorde van Jesus vervul sou word toe Hy gesinspeel het op watter vorm van dood Hy sou sterf. |
| Afrikaans 1933/1953 | sodat die woord van Jesus vervul sou word wat Hy gesê het om aan te dui hoedanige dood Hy sou sterwe. |
| Afrikaans 1983 | Dit het gebeur sodat die woorde van Jesus vervul kon word wat Hy gesê het toe Hy aangedui het op watter manier Hy sou sterwe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sodat die woorde wat Jesus gesê het om aan te toon watter dood Hy sou sterf, vervul sou word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit het gebeur sodat die woorde kan waar word wat Jesus gesê het. Hy het voorheen gesê hoe Hy sal sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So het nog iets waar geword wat Jesus voorspel het. Hy het mos voor die tyd vir hulle vertel op watter manier Hy sou doodgaan. |