John 18:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Pilatus vir hulle: Neem Hom en oordeel Hom volgens julle wet. Die Jode sê toe vir hom: Dit is ons nie geoorloof om iemand dood te maak nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Pilatus sê toe vir hulle: “Neem hom en gaan oordeel hom volgens julle eie wet.” Die Jode het egter vir hom gesê: “Ons word nie toegelaat om enigiemand tereg te stel nie.”
Afrikaans 1933/1953 En Pilatus sê vir hulle: Neem julle Hom en oordeel Hom volgens julle wet. En die Jode sê vir hom: Dit is ons nie geoorloof om iemand dood te maak nie --
Afrikaans 1983 Pilatus sê toe vir hulle: “Vat julle hom en veroordeel hom volgens julle wet.” Maar die Jode sê vir hom: “Ons mag nie iemand teregstel nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Pilatus sê toe vir hulle: “Vat julle hom en oordeel hom volgens julle wet.” Die Jode sê vir hom, “Ons word nie toegelaat om iemand om die lewe te bring nie” –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Pilatus het vir hulle gesê: “Julle moet vir Jesus hier wegvat. Gaan kyk wat julle wette sê en dan kan julle self besluit of hy skuldig is.” Die Jode het vir hom gesê: “Nee, ons kan dit nie doen nie, want ons mag nie iemand doodmaak nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “In daardie geval kan julle hom mos sommer self verhoor. Julle het mos wette wat vir julle sê wat om te doen,” antwoord Pilatus. “Nee, ons kan nie,” kap die Jode terug. “Ons word mos nie toegelaat om iemand tot die dood te veroordeel nie.”