John 18:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe Judas 'n bende manne en offisiere van die owerpriesters en Fariseërs ontvang het, het hy daarheen gekom met lanterns en fakkels en wapens.
Afrikaans (NLV) 2011 Judas het op daardie oomblik die afdeling soldate en die wagte van die priesterhoofde en Fariseërs begelei en by die Olyftuin aangekom met lanterns, fakkels en wapens.
Afrikaans 1933/1953 En Judas het die afdeling soldate en die dienaars van die owerpriesters en die Fariseërs geneem en daar gekom met fakkels en lampe en wapens.
Afrikaans 1983 Judas het toe die afdeling soldate gevat en die wagte in diens van die priesterhoofde en die Fariseërs en hulle het daar aangekom met lanterns en fakkels en wapens.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Judas het toe daar aangekom met die kohort soldate, en die tempelwagte van die leierpriesters en die •Fariseërs, met fakkels en lampe en wapens.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom het Judas soldate gaan roep en ook party van die priesterleiers en die Fariseërs se wagte. Hulle het lampe, fakkels en wapens saamgeneem en hulle het by die tuin gekom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Judas is toe saam met ’n hele klomp gewapende mans na die tuin toe. Behalwe die soldate was daar ook ’n spul polisiemanne wat vir die hoofpriesters en Fariseërs gewerk het. Hulle was goed bewapen. Met fakkels, lanterns en ’n spul wapens het hulle Jesus gaan soek.