John 18:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Pilatus het toe uitgegaan na hulle en gesê: Watter beskuldiging bring julle teen hierdie man?
Afrikaans (NLV) 2011 Pilatus het buitentoe na hulle gestap en gevra: “Watter beskuldiging bring julle teen hierdie man in?”
Afrikaans 1933/1953 En Pilatus het na hulle uitgekom en gesê: Watter beskuldiging bring julle teen hierdie man in?
Afrikaans 1983 Pilatus het buite na hulle toe uitgegaan en gevra: “Watter aanklag bring julle teen hierdie man in?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) •Pilatus het uitgegaan na hulle toe en gevra: “Watter aanklag lê julle teen hierdie man?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Pilatus, die goewerneur, het uitgegaan na die Jode daar buite. Hy het vir hulle gesê: “Julle moet vir my sê wat hierdie man Jesus verkeerd gedoen het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Pilatus het toe maar uit die vesting na die Jode toe gestap. “Laat ek hoor,” sê hy. “Wat is julle aanklag teen hierdie man?”