John 18:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het hulle Jesus van Kájafas af na die oordeelsaal gelei, en dit was vroeg; en hulle het self nie in die regsaal ingegaan nie, sodat hulle nie verontreinig sou word nie; maar dat hulle die pasga kan eet.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarop het hulle Jesus van Kajafas af na die hoofkwartier van die Romeinse goewerneur gebring. Dit was vroegoggend. Self het hulle nie ingegaan na die hoofkwartier nie sodat hulle nie onrein sou word nie, met die oog daarop om die Paasfees te kan vier.
Afrikaans 1933/1953 Toe neem hulle Jesus van K jafas na die goewerneur se paleis. En dit was vroeg in die môre; en hulle het self nie in die paleis ingegaan nie, dat hulle hul nie sou verontreinig nie, maar dat hulle die pasga kon eet.
Afrikaans 1983 Toe het hulle vir Jesus van Kajafas af na die ampswoning van die goewerneur toe gebring. Dit was die môre vroeg. Hulle het self nie in die ampswoning ingegaan nie, sodat hulle nie onrein sou word nie maar die paasmaaltyd sou kon eet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Van Kajafas af het hulle Jesus na die pretorium geneem. Dit was vroegoggend. Hulle het nie self die pretorium binnegegaan nie, sodat hulle nie •onrein sou word nie, maar die Pasga sou kon eet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Jode het vir Jesus gebring van Kajafas se huis na die huis van die goewerneur. Dit was vroeg in die oggend. Hulle het nie in die goewerneur se huis ingegaan nie, want hulle was bang hulle word onrein en dan mag hulle nie die Paas-ete eet nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van Kajafas se huis af het hulle Jesus na die plek toe gevat waar die Romeinse heerser gewoonlik die gevangenes verhoor het. Dit was in die sterk vesting waar Pilatus gebly het. Dit was nog baie vroeg daardie oggend. Die Jode het egter nie in die binneplein van die vesting ingegaan nie, want hulle paasfees was mos aan die gang. Daarom wou hulle nie dinge doen wat hulle onrein sou maak nie. Dit sou beteken dat hulle nie die paaslam kon eet nie. Dit wou hulle nie waag nie.