John 18:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Een van die dienaars van die hoëpriester, sy bloedverwant wie se oor Petrus afgekap het, sê: Het ek jou nie saam met hom in die tuin gesien nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Een van die hoofpriester se slawe, verwant aan dié een wie se oor Petrus afgekap het, vra toe: “Het ek jou nie ook in die tuin saam met hom gesien nie?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Een van die hoëpriester se diensknegte wat familie was van die man wie se oor Petrus afgekap het, sê: Het ek jou nie in die tuin by Hom gesien nie? |
| Afrikaans 1983 | Een van die hoëpriester se slawe wat familie was van die een wie se oor Petrus afgekap het, vra toe: “Het ek jou dan nie in die tuin by hom gesien nie?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Een van die hoëpriester se slawe, 'n familielid van die een wie se oor Petrus afgekap het, het gesê: “Ek het jou mos in die tuin by hom gesien, dan nie?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Een van die slawe van die hoëpriester het ook daar gestaan. Hy was familie van die man wie se oor Petrus afgekap het. Hy het vir Petrus gesê: “Ek dink ek het jou saam met Jesus in die tuin gesien.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Maar het ons jou dan nie in die tuin saam met Jesus gesien nie?” vra ’n ander een hom. Dinge het nou vir Petrus begin warm word. Die een wat hom dit gevra het, was familie van Malgus wie se oor Petrus afgekap het. Boonop het hy ook nog vir die hoëpriester gewerk. |