John 18:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Simon Petrus het gaan staan en hom warm gemaak. Hulle sê toe vir Hom: Is jy nie ook een van sy dissipels nie? Hy het dit ontken en gesê: Ek is nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Simon Petrus was nog besig om hom te staan en warm maak toe iemand vir hom sê: “Is jy nie tog ook een van sy dissipels nie?” Hy het dit heftig ontken en gesê: “Nee, ek is nie!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Simon Petrus het hom staan en warm maak. En hulle sê vir hom: Jy is tog nie ook een van sy dissipels nie? Toe ontken hy dit en sê: Ek is nie. |
| Afrikaans 1983 | Simon Petrus het hom nog gestaan en warm maak. Die mense by die vuur vra toe vir hom: “Jy is tog nie ook een van sy dissipels nie?” Hy het dit ontken en gesê: “Nee, ek is nie!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Simon •Petrus het hom nog daar staan en warm maak. Hulle sê toe vir hom: “Is jy nie ook een van sy dissipels nie?” Petrus het dit ontken en gesê: “Ek is nie!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Simon Petrus het nog buite by die vuur gestaan en hy het homself warm gemaak. Die ander mense wat daar gestaan het, het vir hom gevra: “Is jy ook een van Jesus se dissipels?” Petrus het gesê: “Nee, ek is nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Petrus het hom intussen nog daar by die vuur in die binneplein gestaan en warm maak. “Maar is jy nie een van die volgelinge van Jesus nie?” vra iemand hom. “Nee, nooit!” ontken Petrus dit. |