John 18:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hy dit gesê het, slaan een van die dienaars wat daar staan, Jesus met die palm van sy hand en sê: Antwoord u die hoëpriester so? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Jesus dié antwoord gegee het, het een van die wagte wat daar rondgestaan het, Jesus ’n vuishou gegee en gesê: “Is dit hoe jy die hoofpriester antwoord?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe Hy dit sê, het een van die dienaars wat daar staan, Jesus in die aangesig geslaan en gesê: Antwoord U die hoëpriester so? |
| Afrikaans 1983 | Toe Jesus dit sê, het een van die wagte wat daarby gestaan het, Hom geklap en gesê: “Antwoord jy die hoëpriester so?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Jesus dit sê, het een van die tempelwagte wat daar naby gestaan het, Hom 'n klap gegee en gesê: “Antwoord jy die hoëpriester so?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Een van die wagte het daar naby gestaan. Toe hy hoor wat Jesus sê, klap hy vir Jesus en sê: “Jy moenie so lelik met die hoëpriester praat nie!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Jesus dit sê, klap een van die polisiemanne Hom. “Is dit hoe jy met die hoëpriester praat?” bulder hy. |