John 18:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Petrus het buite by die deur gestaan. Daarop het daardie ander dissipel, wat aan die hoëpriester bekend was, uitgegaan en met haar wat die deur oppas, gespreek en Petrus ingebring.
Afrikaans (NLV) 2011 Petrus het egter buite by die hek bly staan. Toe het daardie ander dissipel wat bevriend was met die hoofpriester, uitgegaan, met die meisie wat diens doen by die deur gepraat en Petrus ingebring.
Afrikaans 1933/1953 Maar Petrus het buitekant by die deur bly staan. En die ander dissipel wat bekend was met die hoëpriester, het uitgegaan en met die deurwagster gepraat en Petrus ingebring.
Afrikaans 1983 ingegaan, maar Petrus het buite by die deur bly staan. Toe het daardie ander dissipel wat aan die hoëpriester bekend was, uitgegaan en met die deurwagter gepraat en vir Petrus ingebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Petrus het egter buite by die deur bly staan. Toe het die ander dissipel, die een wat aan die hoëpriester bekend was, uitgestap en met die deurwag gaan praat, en Petrus na binne gebring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) maar Petrus het buite by die hek gebly staan. Later het die ander dissipel uitgekom, die hoëpriester het daardie dissipel geken. Die ander dissipel het met die vrou gepraat wat waggestaan het by die hek, en sy het vir Petrus laat inkom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) hulle het Jesus daarheen gevat. Petrus het buite by die deur gestaan en wag. Petrus se vriend kom praat toe met die hekwag en vat Petrus saam in.