John 18:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Simon Petrus het Jesus gevolg, en so ook 'n ander dissipel: daardie dissipel was bekend aan die hoëpriester en het saam met Jesus in die paleis van die hoëpriester ingegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Simon Petrus en ’n ander dissipel het Jesus gevolg. Daardie ander dissipel was bevriend met die hoofpriester en het saam met Jesus die hoofpriester se binnehof ingegaan.
Afrikaans 1933/1953 En Simon Petrus en 'n ander dissipel het Jesus gevolg; en daardie dissipel was met die hoëpriester bekend en het saam met Jesus ingegaan in die binneplaas van die hoëpriester se paleis.
Afrikaans 1983 Simon Petrus en 'n ander dissipel het agter Jesus aangegaan. Daardie ander dissipel was aan die hoëpriester bekend en het saam met Jesus in die hoëpriester se woning
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Simon •Petrus en 'n ander dissipel het Jesus gevolg. Daardie dissipel was aan die hoëpriester bekend, en hy het saam met Jesus by die hoëpriester se voorhof ingegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Simon Petrus en 'n ander dissipel het Jesus gevolg. Die hoëpriester het die ander dissipel geken. Daarom het die ander dissipel saam met Jesus ingegaan tot voor die huis van die hoëpriester,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Simon Petrus en nog een van Jesus se volgelinge het ongemerk op ’n afstand agter Jesus aangeloop. Petrus se vriend het Kajafas geken. Daarom kon hy in die binneplein van Kajafas se huis ingaan, want