John 18:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit was Kajafas wat aan die Jode raad gegee het dat dit raadsaam was dat een man vir die volk moes sterf.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit was Kajafas wat die Jode met die raad bedien het dat dit voordeliger is dat een man vir die volk sterf.
Afrikaans 1933/1953 En dit was K jafas wat aan die Jode die raad gegee het dat dit voordelig is dat een man vir die volk sterwe.
Afrikaans 1983 Dit was Kajafas wat vir die Jode die raad gegee het dat dit tot hulle voordeel is dat een man vir die volk sterwe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit was Kajafas wat die raad aan die Jode gegee het dat dit voordelig is dat een man vir die volk sterf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was Kajafas wat vir die Jode gesê het dit is beter dat een mens sterf sodat al die mense van die volk kan lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy was nie net die belangrikste priester nie, maar ook die voorsitter van die belangrikste Joodse godsdienstige raad. Dit was ook hy wat die Jode oortuig het dat dit beter sou wees dat Jesus doodgemaak word as wat die hele volk by die Romeine in die moeilikheid kom.