John 18:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Simon Petrus met 'n swaard dit getrek en die dienaar van die hoëpriester geslaan en sy regteroor afgekap. Die dienaar se naam was Malgus. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Simon Petrus het ’n swaard by hom gedra. Hy trek toe sy swaard uit die skede, slaan daarmee na die slaaf van die hoofpriester, en kap sy regteroor af. Die slaaf se naam was Malgus. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Simon Petrus wat 'n swaard gehad het, het dit uitgetrek en die dienskneg van die hoëpriester geslaan en sy regteroor afgekap. En die naam van die dienskneg was Malchus. |
| Afrikaans 1983 | Simon Petrus het 'n swaard by hom gehad. Hy ruk dit toe uit, slaan daarmee na die slaaf van die hoëpriester en kap sy regteroor af. Die slaaf se naam was Malgus. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Simon •Petrus het toe 'n swaard wat hy gedra het, getrek en na die hoëpriester se slaaf geslaan en sy regteroor afgekap. Die slaaf se naam was Malgus. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Simon Petrus het 'n swaard by hom gehad. Hy het dit uitgeruk en hy het 'n slaaf van die hoëpriester daarmee gekap. Hy het die slaaf se regter-oor afgekap. Die slaaf se naam was Malgus. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Simon Petrus het ’n swaard by hom gehad. Hy pluk dit toe uit en kap na een van die mense wat vir die hoëpriester gewerk het. Sy naam was Malgus. Met dié tref hy Malgus teen die regteroor en sny dit morsaf. |