John 18:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe Jesus hierdie woorde gespreek het, het Hy saam met sy dissipels uitgegaan oor die spruit Kedron, waar 'n tuin was, waarin Hy ingegaan het, en sy dissipels. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nadat Jesus dit gesê het, het Hy saam met sy dissipels die Kedronspruit oorgesteek. Aan die oorkant was daar ’n tuin geleë. Hy en sy dissipels het die tuin toe binnegegaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Nadat Jesus dit gesê het, het Hy met sy dissipels oor die spruit Kedron gegaan waar daar 'n tuin was, waarin Hy self gegaan het en sy dissipels. |
| Afrikaans 1983 | Nadat Jesus dit gesê het, het Hy met sy dissipels oor Kedronspruit gegaan. Daar was 'n tuin, en Hy en sy dissipels het daar ingegaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nadat Jesus hierdie dinge gesê het, het Hy saam met sy dissipels na die oorkant van die Kidrondal vertrek waar daar 'n tuin was. Hy en sy dissipels het toe daar ingegaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Jesus klaar gepraat het, het Hy saam met sy dissipels buitetoe gegaan. Hulle het na die ander kant van die Kedron-vallei gegaan. Daar was 'n tuin, en hulle het in die tuin ingegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus het klaar gebid. Van die plek waar hulle saamgeëet het, is Jesus-hulle na ’n tuin toe waar die feesgangers graag gekamp het. Die tuin het aan die ander kant van die Kedronspruit gelê. Die spruit het al langs Jerusalem se stadsmuur af geloop. Jesus het graag saam met sy dissipels na dié tuin toe gegaan. |