John 17:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vader, Ek wil dat hulle wat U My gegee het, ook by My sal wees waar Ek is; dat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, want U het My liefgehad voor die grondlegging van die wêreld.
Afrikaans (NLV) 2011 “Vader, Ek wil graag hê dat dié mense wat U aan My gegee het, ook saam met My moet wees waar Ek is sodat hulle my heerlikheid kan sien, dié heerlikheid wat U aan My gegee het omdat U My voor die skepping van die wêreld liefgehad het.
Afrikaans 1933/1953 Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld.
Afrikaans 1983 “Vader, Ek wil graag hê dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook by My moet wees, sodat hulle my heerlikheid kan sien, die heerlikheid wat U My gegee het omdat U My al voor die skepping van die wêreld liefgehad het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vader, Ek wil hê dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My kan wees, sodat hulle my heerlikheid kan sien, die heerlikheid wat U My gegee het, omdat U My van voor die grondlegging van die wêreld liefgehad het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Vader, Ek gaan nou na die hemel. Ek wil graag hê die mense wat U vir My gegee het, moet ook daar saam met My wees. Dan kan hulle sien Ek is God. U het vir My hierdie eer gegee, want U was lief vir My, ook voordat die wêreld daar was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Vader, Ek wil so graag my volgelinge hier by My hê. Hulle moet wees waar Ek is. U het mos gesê dat Ek na hulle moet kyk. Laat hulle tog sien watter wonderlike en belangrike status U My gegee het. U het dit gedoen omdat U My liefgehad het nog voordat die aarde gemaak is.