John 17:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek in hulle, en jy in My, sodat hulle in een volmaak kan word; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefgehad het soos U My liefgehad het.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit beteken dat Ek in ’n hegte verhouding met hulle en U met My moet leef, sodat hulle ten volle een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en dat U hulle liefhet net soos U My liefhet.
Afrikaans 1933/1953 Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.
Afrikaans 1983 Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefhet net soos U My liefhet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek in hulle en U in My, sodat hulle volledig een kan wees en die wêreld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefgehad het, net soos U My liefgehad het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal by hulle wees en U sal by My wees. Dan sal hulle waarlik saamwerk en die mense van die wêreld sal weet U het My na die wêreld gestuur. Hulle sal ook weet U is lief vir die mense wat U vir My gegee het, U is lief vir hulle, soos U lief is vir My.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal so lojaal teenoor hulle wees as wat U teenoor My is. Dit alles beteken dat hulle foutloos, ja, volmaak, in hierdie eenheid saamgesnoer sal wees. Gevolglik sal die mense besef dat U My gestuur het. Hulle sal sien dat U my volgelinge net so liefhet soos U My liefhet.