John 17:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die heerlikheid wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; sodat hulle een kan wees, net soos ons een is:
Afrikaans (NLV) 2011 En Ek het die heerlikheid wat U aan My gegee het, ook aan hulle gegee sodat hulle een kan wees net soos Ons een is.
Afrikaans 1933/1953 En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.
Afrikaans 1983 Die heerlikheid wat U My gegee het, het Ek ook aan hulle gegee, sodat hulle een kan wees net soos Ons een is:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En Ek het die heerlikheid wat U aan My gegee het, aan hulle gegee, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U het gesê Ek is God, en so het Ek ook vir hulle die ewige lewe gegee. Daarom kan hulle saamwerk, soos Ons saamwerk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal vir hierdie volgelinge van My dieselfde status gee as wat U vir My gegee het. Dit sal hulle in ’n span saamsnoer net soos Ons in ’n span saamwerk. My verhouding met hulle sal My op ’n baie hegte manier deel maak van die eenheid wat onder hulle bestaan.