John 17:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ter wille van hulle heilig Ek Myself, sodat hulle ook deur die waarheid geheilig kan word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En ter wille van hulle wy Ek Myself aan U toe sodat hulle ook deur ’n hegte verbintenis aan die waarheid aan U toegewy kan wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees. |
| Afrikaans 1983 | en ter wille van hulle wy Ek My aan U toe, sodat hulle ook deur die waarheid aan U toegewy kan wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En ter wille van hulle heilig Ek Myself, sodat hulle ook deur die waarheid geheilig kan wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek wy Myself aan U, Ek word 'n offer sodat die mense kan lewe wat U vir My gegee het. Dan kan U die waarheid gebruik om hulle aan U te wy. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek wy My nou geheel en al aan U toe sodat hulle daarby kan baat vind. Hulle sal dan ook geheel en al aan U toegewy wees omdat hulle hulle bes probeer vir wat waar en eg is.” |