John 17:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Soos U My na die wêreld gestuur het, so het Ek hulle ook na die wêreld gestuur. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Net soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur. |
| Afrikaans 1933/1953 | Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur. |
| Afrikaans 1983 | Soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Net soos U My in die wêreld ingestuur het, so het Ek ook hulle in die wêreld ingestuur. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U het My na die mense van die wêreld gestuur. So het Ek die mense wat U vir My gegee het, ook na die mense van die wêreld gestuur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom stuur Ek hulle na die sondige mense in die wêreld toe met daardie boodskap. “Ek stuur hulle met dieselfde doel en opdrag as waarmee U My gestuur het. |