John 17:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hierdie woorde het Jesus gespreek en sy oë na die hemel opgeslaan en gesê: Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus het hierdie dinge gesê, en toe sy oë hemelwaarts gerig en gesê: “Vader, die uur het aangebreek. Verheerlik u Seun sodat die Seun U kan verheerlik. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit het Jesus gespreek, en Hy het sy oë na die hemel opgehef en gesê: Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik -- |
| Afrikaans 1983 | Nadat Jesus dit gesê het, het Hy na die hemel toe opgekyk en gesê: “Vader, die tyd het gekom. Verheerlik u Seun, sodat die Seun U kan verheerlik. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesus het hierdie dinge gesê, en toe sy oë na die hemel opgerig en gesê: “Vader, die uur het aangebreek. Verheerlik u Seun, sodat die Seun U kan verheerlik – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het dit alles vir die dissipels gesê, en daarna het Hy opgekyk na die hemel en gebid. Hy het gebid: “Vader, die tyd het nou gekom. Nou moet U vir die mense wys dat Ek ook God is. Dan kan Ek ook weer vir die mense wys dat U God is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So het Jesus met sy dissipels gepraat. Daarna het Hy sy oë toegemaak en gebid: “Vader, dis tyd! Laat die wêreld nou sien hoe belangrik u Seun regtig is. Op dié manier sal hulle ook agterkom hoe belangrik U is. |