John 16:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar nou gaan ek na Hom toe wat my gestuur het; en niemand van julle vra My: Waar gaan jy heen?
Afrikaans (NLV) 2011 “Nou is Ek op pad terug na Hom toe wat My gestuur het; tog vra niemand van julle vir My: ‘Waarheen gaan U?’ nie.
Afrikaans 1933/1953 En nou gaan Ek na Hom wat My gestuur het; en niemand van julle vra My: Waar gaan U heen nie?
Afrikaans 1983 “Nou gaan Ek na Hom toe wat My gestuur het, en tog vra niemand van julle vir My: ‘Waar gaan U heen?’ nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar nou gaan Ek na Hom wat My gestuur het, en nie een van julle vra My, ‘Waarheen gaan U?’ nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nou gaan Ek terug na die Vader wat My na die wêreld gestuur het, maar nie een van julle vra vir My waarnatoe Ek gaan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Maar Ek is op pad weg, na my Vader toe wat My gestuur het. En sowaar, nie een van julle vra eens: ‘Waarheen gaan U?’ nie.