John 16:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hierdie dinge het Ek tot julle gespreek in spreuke, maar die tyd kom wanneer Ek nie meer met julle in spreuke sal spreek nie, maar julle duidelik van die Vader sal verkondig.
Afrikaans (NLV) 2011 “Dit het Ek met behulp van beeldspraak aan julle verduidelik. Daar kom ’n tyd wanneer Ek nie meer met behulp van beeldspraak met julle sal praat nie, maar openlik die Vader aan julle sal verkondig.
Afrikaans 1933/1953 Hierdie dinge het Ek deur gelykenisse tot julle gespreek, maar daar kom 'n uur wanneer Ek nie meer deur gelykenisse tot julle sal spreek nie, maar julle openlik van die Vader sal vertel.
Afrikaans 1983 “Dit het Ek deur beeldspraak vir julle gesê. Daar kom 'n tyd wanneer Ek nie meer deur beeldspraak met julle sal praat nie maar julle reguit van die Vader sal vertel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Hierdie dinge het Ek deur gelykenisse vir julle gesê. Daar kom 'n tyd dat Ek nie meer deur gelykenisse met julle sal praat nie, maar julle openlik van die Vader sal vertel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Voorheen het Ek voorbeelde gebruik wanneer Ek iets vir julle verduidelik het, maar daar sal 'n tyd kom wanneer Ek nie meer voorbeelde sal gebruik nie. Dan sal Ek vir julle reguit van die Vader vertel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek gebruik heelwat beelde om alles te verduidelik. Oor ’n ruk sal dit nie eens meer nodig wees nie. Ek sal sommer reguit vir julle kan sê wat Ek bedoel wanneer Ek oor my Vader praat.