John 16:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in dié dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader in my Naam sal vra, sal Hy julle gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En op daardie dag sal julle My niks meer uitvra nie. Ek verseker julle, wat julle ook al van die Vader vra in my Naam, sal Hy aan julle gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee. |
| Afrikaans 1983 | Daardie dag sal julle nie meer vrae aan My stel nie. “Dít verseker Ek julle: Wat julle die Vader ook al in my Naam sal bid, sal Hy vir julle gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En op daardie dag sal julle My niks meer vra nie. Amen, amen, Ek sê vir julle: Wat julle die Vader in my Naam vra, sal Hy aan julle gee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Daardie dag sal julle nie meer vir My iets vra nie. Ek sê vir julle, en dit is seker: Daardie dag kan julle vir die Vader enige iets vra omdat julle aan My behoort, en Hy sal dit vir julle gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan sal daar geen keer wees aan julle blydskap nie. Niemand sal julle meer hartseer kan maak nie. Wanneer dit eers gebeur, sal van al julle vrae nie een meer oorbly nie. Luister mooi. Julle sal ander dinge begin vra. Wat julle ook al van my Vader vra om my saak in hierdie wêreld te bevorder, sal God vir julle gee. |