John 16:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle het dan nou droefheid, maar Ek sal julle weer sien, en julle hart sal bly wees, en niemand neem julle blydskap van julle weg nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle ondervind ook nou hartseer. As Ek julle egter weer sien, sal julle harte oorloop van blydskap, en niemand sal dié blydskap weer van julle af wegneem nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Julle het dan ook nou droefheid, maar Ek sal julle weer sien en julle hart sal bly word, en niemand neem julle blydskap van julle weg nie. |
| Afrikaans 1983 | Net so is julle ook nou bedroef, maar as Ek julle weer sien, sal julle harte vol blydskap wees, en niemand kan julle blydskap van julle af wegneem nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom ervaar julle nou ook pyn; maar Ek sal julle weer sien, en dan sal julle harte bly wees, en niemand sal julle blydskap wegneem nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle het ook nou pyn, maar wanneer Ek julle weer sien, dan sal julle bly wees. Dan sal niemand julle weer ongelukkig kan maak nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Net so is dit met julle. Julle voel nou baie hartseer omdat Ek weggaan. Maar na ’n rukkie sal julle My weer sien. |