John 16:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | 'n Vrou het droefheid as sy baar, want haar uur het gekom; maar sodra sy van die kind gebaar is, dink sy nie meer aan die angs nie, uit die vreugde dat 'n man in die wêreld gebore is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Vrou het pyn wanneer sy geboorte skenk omdat haar tyd gekom het. Wanneer die baba egter gebore is, onthou sy nie meer die swaarkry nie vanweë die groot blydskap dat daar ’n mens in die wêreld gekom het. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Vrou het droefheid wanneer sy baar, omdat haar uur gekom het; maar wanneer die kindjie gebore is, dink sy nie meer aan haar benoudheid nie, om die blydskap dat 'n mens in die wêreld gebore is. |
| Afrikaans 1983 | 'n Vrou kry swaar wanneer haar tyd gekom het en haar kindjie gebore word. Maar wanneer die kindjie gebore is, dink sy nie meer aan die pyn nie, so bly is sy dat daar 'n mens in die wêreld gekom het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Vrou ervaar pyn wanneer sy kraam, omdat haar tyd aangebreek het. Maar wanneer sy aan die kindjie geboorte skenk, onthou sy nie meer die swaarkry nie – uit blydskap dat 'n mens in die wêreld gekom het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer 'n vrou 'n kind kry, dan het sy pyn, want dit is die tyd wanneer haar baba moet kom. Maar wanneer die baba klaar gebore is, dan dink sy nie meer aan die pyn nie, want sy is bly dat sy ma geword het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Weet julle hoe dit gaan wees? Dit sal wees soos ’n vrou wat ’n baba kry. Terwyl sy besig is om die baba te kry, is dit baie seer. Maar as die baba eers eenmaal daar is, is sy die ene glimlag en blydskap oor haar kind. Sy dink nie eens weer aan al die pyn nie. |