John 16:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle sal julle uit die sinagoges verdryf; ja, die tyd kom dat elkeen wat julle doodmaak, sal dink dat hy God dien.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sal julle uit die sinagoges ban. Daar kom ’n tyd dat elkeen wat vir julle doodmaak, sal dink hy bewys ’n besondere guns aan God.
Afrikaans 1933/1953 Hulle sal julle uit die sinagoges ban. Ja, daar kom 'n uur dat elkeen wat julle om die lewe bring, sal dink dat hy 'n diens aan God bewys.
Afrikaans 1983 Die mense sal julle uit die sinagoges ban. Daar kom selfs 'n tyd dat elkeen wat een van julle doodmaak, sal dink dat hy 'n diens aan God bewys.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sal julle uit die •sinagoges ban. Daar kom 'n tyd dat elkeen wat vir julle doodmaak, sal dink dat hy 'n diens aan God bewys.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense sal julle wegjaag uit die sinagoges. Daar sal 'n tyd kom wanneer die mense julle sal doodmaak en dan sal hulle dink hulle dien God.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Praat van gevaarlike tye - die Jode sal julle uit hulle byeenkomste jaag en julle verbied om weer daar te kom. En dit is nie al nie! In ’n stadium sal hulle julle selfs doodmaak en dan mekaar gelukwens met die groot guns wat hulle vir God gedoen het.