John 16:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê sommige van sy dissipels onder mekaar: Wat is dit wat Hy vir ons sê: 'n Klein tydjie en julle sal My nie sien nie; en weer 'n klein tydjie, en julle sal My sien; en: Omdat Ek na die Vader gaan? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sommige van sy dissipels het toe vir mekaar gesê: “Wat beteken dit dat Hy vir ons sê: ‘Nog net ’n kort tydjie, dan sien julle My nie meer nie, en weer ’n kort tydjie, dan sal julle My weer sien’ en: ‘Ek gaan na die Vader toe’? |
| Afrikaans 1933/1953 | Sommige van sy dissipels het toe onder mekaar gevra: Wat is dit wat Hy vir ons sê: 'n Klein tydjie, en julle sien My nie; en weer 'n klein tydjie, en julle sal My sien; en: Ek gaan na die Vader? |
| Afrikaans 1983 | Party van sy dissipels het toe vir mekaar gevra: “Wat beteken dit dat Hy vir ons sê: ‘Nog 'n klein rukkie, dan sien julle My nie; en weer 'n klein rukkie, dan sal julle My weer sien’ en: ‘Ek gaan na die Vader toe’? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Van sy dissipels het toe vir mekaar gesê: “Wat beteken dit wat Hy vir ons sê, ‘Nog net 'n kort tydjie, dan sien julle My nie meer nie, en weer 'n kort tydjie, en dan sal julle My weer sien’ en, ‘Ek gaan na die Vader’?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Party van Jesus se dissipels het vir mekaar gesê: “Ons verstaan nie wat Jesus sê nie. Hy sê dit sal nie meer lank wees nie, dan sal ons Hom nie sien nie, en daarna sal dit nie lank wees nie, dan sal ons Hom weer sien. Wat beteken dit wanneer Hy sê Hy gaan na die Vader toe? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy dissipels bespiegel toe onder mekaar: “Waarvan praat Hy? Wat is al hierdie praatjies van nou sien en dan weer nie sien nie, of dat Hy na sy Vader toe gaan? |