John 15:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra wat julle wil, en julle sal dit kry. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As julle aan My verbind bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry. |
| Afrikaans 1933/1953 | As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry. |
| Afrikaans 1983 | As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As julle in My bly, en my woorde in julle bly, vra dan wat julle wil, en dit sal met julle gebeur. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet by My bly, en die dinge wat Ek vir julle sê, moet in julle harte bly. Dan kan julle vir My vra wat julle wil hê en Ek sal dit vir julle gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Maar julle, as julle altyd naby aan My bly soos ’n takkie wat aan ’n druiwestok vasgegroei is en getrou doen wat Ek vra, is daar vir julle regtig goeie nuus. “Julle kan maar in gebed vra wat julle nodig het om goeie, vrugbare takkies te wees, want julle sal dit kry. |