John 15:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As Ek nie die werke onder hulle gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, het hulle geen sonde gehad nie; maar nou het hulle gesien en my sowel as my Vader gehaat.
Afrikaans (NLV) 2011 As Ek nie onder hulle die werke gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle nie skuldig gewees het nie. Maar nou het hulle dit reeds gesien en tog het hulle My en my Vader gehaat.
Afrikaans 1933/1953 As Ek nie die werke onder hulle gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle geen sonde hê nie. Maar nou het hulle dit gesien, en tog het hulle My sowel as my Vader gehaat.
Afrikaans 1983 As Ek nie by hulle die werke gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle nie skuldig gewees het nie; maar nou sien hulle dit, en tog haat hulle My en my Vader.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As Ek nie by hulle die werke gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle nie sonde gehad het nie. Nou het hulle dit egter gesien, en tog haat hulle My én my Vader.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het gesien dat Ek wonderwerke doen wat niemand anders kan doen nie. Nou kan hulle nie sê hulle is nie sondaars nie. Hulle het gesien wat Ek gedoen het, maar hulle haat My en my Vader.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As dit nie vir My was nie, sou niemand hulle kon blameer nie. Hulle sou dan mos nie geweet het wat reg of verkeerd is nie. Toe kom Ek. Die dinge wat Ek gedoen het, het hulle nog nooit gesien nie. Niemand kon of het dit nog ooit gedoen nie. Nou neem hulle My en my Vader bitter kwalik en Ons is vir hulle soos vyande.