John 15:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As Ek nie gekom het en met hulle gespreek het nie, het hulle geen sonde gehad nie, maar nou het hulle geen kleed vir hulle sonde nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As Ek nie gekom het en met hulle gepraat het nie, sou hulle nie skuld gehad het nie, maar nou het hulle nie ’n verskoning vir hulle sonde nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | As Ek nie gekom en met hulle gespreek het nie, sou hulle geen sonde hê nie; maar nou het hulle geen verskoning vir hul sonde nie. |
| Afrikaans 1983 | “As Ek nie gekom en met hulle gepraat het nie, sou hulle nie skuldig gewees het nie; maar nou het hulle geen verskoning vir hulle sonde nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As Ek nie gekom en met hulle gepraat het nie, sou hulle nie sonde gehad het nie; maar nou het hulle nie 'n verskoning vir hulle sonde nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het gekom en Ek het met hulle gepraat. Nou kan hulle nie sê hulle is nie sondaars nie. Hulle kan nie sê hulle weet nie dat hulle sonde doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle hou nie van My nie, omdat Ek vir hulle kom sê het wat reg en verkeerd is. Hulle besef natuurlik hier diep in hulleself dat hulle nie reg lewe nie, maar hulle is te hardkoppig om dit te erken. Nou het hulle geen verskoning meer vir hulle swak gedrag nie. |