John 15:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: Die dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg; as hulle my woord bewaar het, sal hulle joune ook bewaar.
Afrikaans (NLV) 2011 “Onthou wat Ek vir julle gesê het: ’n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie. Aangesien hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg. Aangesien hulle my boodskap ter harte geneem het, sal hulle julle s’n ook ter harte neem.
Afrikaans 1933/1953 Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: 'n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar.
Afrikaans 1983 Onthou wat Ek vir julle gesê het: 'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie. As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg. As hulle my woorde ter harte geneem het, sal hulle julle s'n ook ter harte neem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Onthou die woorde wat Ek vir julle gesê het: 'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie. As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg. As hulle my woorde gehoorsaam het, sal hulle ook julle woorde gehoorsaam.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet onthou, Ek het vir julle gesê 'n slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie. Die mense van die wêreld het slegte dinge gedoen aan My, en daarom sal hulle ook slegte dinge doen aan julle. Hulle het nie geluister na wat Ek sê nie, en daarom sal hulle ook nie luister na wat julle sê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle onthou mos nog wat Ek vir julle gesê het: ‘Die baas is belangriker as die werker.’ Daarom is dit logies dat as hulle hulle bes probeer om dit vir My so sleg moontlik te maak, hulle mos dieselfde met julle sal probeer doen. “As hulle nie luister na wat Ek vir hulle sê nie, sal hulle mos ook nie na julle luister nie.