John 15:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eie liefhê; maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As julle uit die wêreld ontstaan het, sou die wêreld julle as sy eiendom liefgehad het. Omdat julle egter nie uit die wêreld ontstaan het nie, maar Ek julle uitgekies het uit die wêreld — daarom haat die wêreld julle. |
| Afrikaans 1933/1953 | As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle. |
| Afrikaans 1983 | As julle aan die wêreld behoort het, sou die wêreld julle as sy eiendom liefgehad het. Omdat julle egter nie aan die wêreld behoort nie, maar Ek julle uit die wêreld uitgekies het, daarom haat die wêreld julle. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As julle van die wêreld was, sou die wêreld julle as sy eie liefhê. Omdat julle egter nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitgekies het, juis daarom haat die wêreld julle. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As julle mense is wat lief is vir die wêreld, dan sal die ander mense van die wêreld lief wees vir julle, want dan is julle soos hulle. Maar julle is nie mense van die wêreld nie. Ek het julle gekies uit die mense van die wêreld. Daarom haat die mense van die wêreld julle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle hou net van mense wat soos hulle is en doen wat hulle doen. Julle is nie soos hulle nie. Julle behoort aan My. Ek het julle gekies om aan my kant te kom staan. Daarvan hou die ongelowiges niks en daarom gaan julle dit ontgeld. |