John 14:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar dat die wêreld kan weet dat Ek die Vader liefhet; en soos die Vader My beveel het, so doen Ek. Staan op, laat ons hiervandaan gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die wêreld moet weet dat Ek die Vader liefhet en daarom nougeset doen wat die Vader aan My opgedra het. Staan op, laat ons hiervandaan vertrek!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar dat die wêreld kan weet dat Ek die Vader liefhet en doen net soos die Vader My beveel het -- staan op, laat ons hiervandaan weggaan. |
| Afrikaans 1983 | maar die wêreld moet weet dat Ek die Vader liefhet en daarom doen wat die Vader My beveel het. “Staan op, laat ons hiervandaan weggaan.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar sodat die wêreld kan weet dat Ek die Vader liefhet en doen soos wat die Vader aan My opgedra het, staan op, laat ons hiervandaan weggaan! ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar Ek wil graag hê die mense van die wêreld moet weet dat Ek lief is vir die Vader. Daarom doen Ek alles wat die Vader vir My gesê het. Julle moet nou opstaan, want ons moet gaan.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek doen egter hierdie dinge wat my Vader van My vra, sodat die mense kan besef hoe lief Ek vir my Vader is. Kom, dit is tyd om te gaan.” |