John 14:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Glo My dat Ek in die Vader is en die Vader in My, anders glo My ter wille van die werke.
Afrikaans (NLV) 2011 Glo in My omdat Ek in ’n hegte verhouding leef met die Vader en Hy met My; so nie, glo dan net op grond van hierdie werke self.
Afrikaans 1933/1953 Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My; of anders, glo My ter wille van die werke self.
Afrikaans 1983 Glo in My omdat Ek in die Vader is en die Vader in My; of anders, glo op grond van die werke self.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Glo My dat Ek in die Vader en die Vader in My is; of glo dan op grond van die werke self.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet My glo wanneer Ek sê Ek is by die Vader en die Vader is by My. As julle nie wil glo wat Ek sê nie, dan moet julle glo omdat julle gesien het wat Ek doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit moet julle aanvaar: Ek is in die Vader en die Vader is in My. Vind julle dit moeilik om te glo wat Ek sê? Wel, kyk dan na wat Ek doen. Oordeel maar self of dit van God af kom of nie. Glo dan op grond van wat julle sien.