John 13:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Petrus sê vir hom: Jy sal nooit my voete was nie. Jesus antwoord hom: As Ek jou nie was nie, het jy geen deel aan My nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Petrus se onmiddellike reaksie was: “U sal tot in ewigheid nooit mý voete was nie!” Jesus antwoord hom: “As Ek jou nie was nie, het jy nie deel aan My nie.”
Afrikaans 1933/1953 Petrus sê vir Hom: U sal my voete in der ewigheid nie was nie! Jesus antwoord hom: As Ek jou nie was nie, het jy geen deel aan My nie.
Afrikaans 1983 Maar Petrus sê vir Hom: “U sal in alle ewigheid nooit my voete was nie!” Daarop sê Jesus vir hom: “As Ek jou nie was nie, het jy nie deel aan My nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Petrus sê toe vir Hom: “U sal beslis nie my voete was nie – tot in ewigheid nie!” Jesus het hom geantwoord: “As Ek jou nie was nie, het jy nie deel aan My nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Petrus het vir Jesus gesê: “U mag nooit my voete was nie.” Jesus het vir hom gesê: “As Ek nie jou voete was nie, dan kan jy nie my dissipel wees nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Moet asseblief nie aan my voete raak nie,” vra Petrus, “nie nou nie en ook nie later nie.” “Wel,” antwoord Jesus hom, “as Ek nie jou voete was nie, beteken dit dat jy nie een van ons is nie. Dan gaan jy ook nie kry wat Ek vir jou kan gee nie.”