John 13:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarna het Hy water in 'n skottel gegooi en begin om die dissipels se voete te was en dit af te vee met die handdoek waarmee Hy omgord was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het Hy water in ’n wasskottel gegooi en begin om die dissipels se voete te was en af te droog met die doek wat om Hom vasgebind was. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het Hy water in 'n bak gegooi en die voete van die dissipels begin was en afdroog met die doek wat Hy omgehad het. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het Hy water in 'n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe gooi Hy water in die waskom en begin om die voete van die dissipels te was en dit met die linnedoek wat om Hom gebind was, af te droog. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe gooi Jesus water in 'n bak. Hy het begin om die dissipels se voete te was. Hy het ook hulle voete afgedroog met die doek wat om sy lyf was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy maak toe ’n bak vol water en begin sy volgelinge se voete een vir een was. Met die handdoek om sy lyf droog Hy hulle voete af. |