John 13:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jesus antwoord hom: Sal jy jou lewe ter wille van My aflê? Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, die haan sal nie kraai voordat jy My drie maal verloën het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Sal jy regtig jou lewe ter wille van My opoffer?” vra Jesus. “Ek verseker jou, voordat die haan môre-oggend kraai, sal jy drie maal ontken het dat jy My ken.”
Afrikaans 1933/1953 Jesus antwoord hom: Sal jy jou lewe vir My gee? Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, die haan sal sekerlik nie kraai voordat jy My drie maal verloën het nie.
Afrikaans 1983 “Sal jy jou lewe vir My aflê?” vra Jesus. “Dít verseker Ek jou: Nog voor die haan kraai, sal jy My drie keer verloën.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe antwoord Jesus: “Sal jy jou lewe vir My aflê? Amen, amen, Ek sê vir jou: Die haan sal beslis nie kraai voordat jy My drie keer verloën het nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het vir hom gesê: “Nee, Petrus, jy sê jy sal sterf om My te beskerm, maar Ek sê vir jou, en dit is seker: Voordat die haan môre-oggend kraai, sal jy drie maal sê jy ken nie vir My nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wat, Petrus? Sê jy jy is bereid om jou lewe vir My te gee? Ek het vir jou ’n verrassing. Voor die haan môreoggend vroeg kraai, sal jy al drie maal vurig ontken het dat jy iets van My weet, wat nog te sê dat jy my vriend is.”