John 13:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kindertjies, nog 'n klein rukkie is Ek by julle. Julle sal My soek, en soos Ek aan die Jode gesê het: Waar Ek gaan, kan julle nie kom nie; so nou sê ek vir jou.
Afrikaans (NLV) 2011 Kinders, Ek is nog net vir ’n kort tydjie by julle. Julle sal My soek, maar soos Ek vir die Jode gesê het, sê Ek nou weer vir julle: Daar waarheen Ek gaan, kan julle nie kom nie.
Afrikaans 1933/1953 My kinders, nog 'n klein tydjie is Ek by julle. Julle sal My soek, en soos Ek vir die Jode gesê het: Waar Ek heengaan, kan julle nie kom nie -- so sê Ek nou ook vir julle.
Afrikaans 1983 My kinders, Ek is nog net 'n klein rukkie by julle. Dan sal julle My soek, en soos Ek vir die Jode gesê het, sê Ek nou vir julle ook: Waar Ek heen gaan, kan julle nie kom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) My kinders, Ek is nog net 'n kort tydjie by julle. Julle sal My soek, maar soos Ek vir die Jode gesê het, sê Ek ook nou vir julle: Waarheen Ek gaan, kan julle nie gaan nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) My liewe vriende, Ek sal nog net 'n kort tydjie by julle wees. Julle sal My soek, maar Ek sê nou vir julle wat Ek vir die Jode gesê het: Ek gaan na 'n plek, julle kan nie daarnatoe gaan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) My liewe vriende, my tydjie by julle raak nou min. Ek gaan weg en julle sal My soek, maar My nie kry nie. Julle sal nie kan kom waar Ek gaan nie. Ek het dit mos al vir die Jode gesê.