John 13:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, toe Hy uitgegaan het, sê Jesus: Nou is die Seun van die mens verheerlik, en God is in Hom verheerlik.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Judas vertrek het, merk Jesus op: “Nou is Ek, die Seun van die Mens, verheerlik, en God is deur My verheerlik.
Afrikaans 1933/1953 En toe hy buite was, sê Jesus: Nou is die Seun van die mens verheerlik, en God is in Hom verheerlik.
Afrikaans 1983 Toe Judas uit is, sê Jesus: “Nou word die Seun van die mens verheerlik, en God word deur Hom verheerlik.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat Judas uitgegaan het, het Jesus gesê: “Nou is die •Seun van die Mens verheerlik, en God is deur Hom verheerlik.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nadat Judas uitgegaan het, het Jesus gesê: “Nou wys God dat Ek, die Seun van die mens, ook God is. God gebruik My om te wys Hy is God.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Judas by die deur uit is, sê Jesus: “Nou gaan die dinge begin gebeur. Julle sal sien hoe belangrik die Seun regtig is.