John 13:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jesus weet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God gegaan het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus het geweet dat die Vader alles tot sy beskikking gestel het, en dat Hy van God gekom het en weer na God teruggaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | het Jesus, omdat Hy wis dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God uitgegaan het en na God heengaan, |
| Afrikaans 1983 | Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God teruggaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het, en dat Hy van God gekom het en weer na God terugkeer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het geweet dat die Vader gesê het Jesus mag oor alles en almal regeer. Jesus het ook geweet Hy self kom van God en Hy gaan weer terug na God toe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit het Jesus nie bang gemaak nie. Hy het van God af gekom en moes nou teruggaan. Boonop het Hy alles onder beheer gehad. Daarvoor het God gesorg. |