John 13:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want sommige van hulle het gedink, omdat Judas die sak gehad het, dat Jesus vir hom gesê het: Koop wat ons nodig het teen die fees; of, dat hy iets aan die armes moet gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sommige het inderdaad gedink, terwyl Judas die beursie dra, dat Jesus vir hom gesê het: “Gaan koop wat ons nodig het vir die paasete,” of dat hy soos gebruiklik iets aan die armes moes gaan gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want sommige het gedink, terwyl Judas die beurs gehad het, dat Jesus vir hom sê: Koop wat ons nodig het vir die fees; of dat hy iets aan die armes moes gee. |
| Afrikaans 1983 | Omdat Judas die beursie gehad het, het party van hulle gedink dat Jesus vir hom sê: “Gaan koop wat ons vir die paasfees nodig het,” of dat hy iets vir die armes moes gaan gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Omdat Judas die geldbeurs gedra het, het sommige gedink dat Jesus aan hom gesê het: “Gaan koop wat ons vir die fees nodig het,” of dat hy iets aan die armes moes gee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Judas het die sak gedra waarin Jesus en die dissipels se geld was. Daarom het party van die dissipels gedink Jesus sê vir Judas om alles te gaan koop wat hulle moet hê vir die Paasfees. Party dissipels het gedink Jesus sê vir Judas hy moet geld vir die arm mense gaan gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | (Judas het mos met die geld gewerk.) Judas moes seker nog iets vir die fees gaan koop of ietsie vir die armes gee, het hulle vir mekaar gesê. |