John 13:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ná die sop het Satan in hom ingegaan. Toe sê Jesus vir hom: Wat jy doen, doen gou.
Afrikaans (NLV) 2011 Ná die stukkie brood het Satan van hom besit geneem. Toe sê Jesus vir hom: “Wat jy doen, moet jy gou afhandel!”
Afrikaans 1933/1953 En nadat hy die stukkie geneem het, het die Satan in hom ingevaar. En Jesus sê vir hom: Wat jy doen, doen dit haastig.
Afrikaans 1983 En nadat Judas die stukkie brood gevat het, het die Satan in hom ingevaar. Toe sê Jesus vir hom: “Wat jy wil doen, moet jy baie gou doen!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat Judas die stukkie brood geneem het, het Satan in hom ingevaar. Toe sê Jesus vir hom: “Wat jy wil doen, moet jy gou doen.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Judas het die stukkie brood geneem, en toe het die Satan in Judas se hart gekom en vir Judas regeer. Daarom het Jesus vir Judas gesê: “Jy moet nou gou maak en gaan doen wat jy wil doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het dit gevat en geëet. Van toe af het Satan ’n houvas op hom gekry. Jesus sê toe: “Moenie nog wag nie. Maak gou!”