John 13:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jesus antwoord: Hy is dit vir wie ek 'n sop sal gee as ek dit gedoop het. En nadat hy die sop gedoop het, gee hy dit aan Judas Iskariot, die seun van Simon.
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus reageer daarop: “Dit is dié een vir wie Ek ’n stukkie brood in die sous sal doop en vir hom gee.” Hy vat toe ’n stukkie brood, doop dit in die sous en gee dit aan Judas, seun van Simon Iskariot.
Afrikaans 1933/1953 Jesus antwoord: Dit is die een aan wie Ek die stukkie sal gee as Ek dit ingedoop het. En toe Hy die stukkie ingedoop het, gee Hy dit aan Judas Isk riot, die seun van Simon.
Afrikaans 1983 Jesus het geantwoord: “Dit is die een vir wie Ek 'n stukkie brood wat Ek in die sous ingesteek het, sal gee.” Hy vat toe 'n stukkie brood, steek dit in die sous en gee dit vir Judas seun van Simon Iskariot.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jesus het hom geantwoord: “Dit is die een vir wie Ek 'n stukkie brood sal indoop en aangee.” Toe Hy die stukkie brood ingedoop het, het Hy dit geneem en aan Judas, seun van Simon Iskariot, gegee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het gesê: “Ek sal 'n stukkie brood in die sous druk en Ek sal dit gee vir die een wat My sal verraai.” Jesus druk toe 'n stukkie brood in die sous en Hy gee dit vir Judas seun van Simon Iskariot.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus sê toe: “Ek gaan ’n bietjie sous op hierdie brood sit en dit vir een van julle gee. Kyk mooi, dit is hy!” Jesus doen dit toe en gee die brood vir Judas, seun van Simon Iskariot.