John 13:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar het een van sy dissipels, vir wie Jesus liefgehad het, op Jesus se boesem geleun.
Afrikaans (NLV) 2011 Een van Jesus se dissipels het langs Hom aan tafel aangelê — die lieflingdissipel.
Afrikaans 1933/1953 En een van sy dissipels, hy vir wie Jesus liefgehad het, het aan tafel teen die bors van Jesus gelê.
Afrikaans 1983 Die dissipel vir wie Jesus baie lief was, het net langs Hom aan tafel gesit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Een van sy dissipels, hy vir wie Jesus liefgehad het, het teen Jesus se bors geleun.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Een van die dissipels het langs Jesus gesit. Dit was die dissipel vir wie Jesus lief was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [23-24] Simon skraap toe moed bymekaar om te vra. Hy knik toe vir die dissipel wat langs Jesus gesit het. (Dit was die dissipel van wie Jesus baie gehou het.) “Vra ’n bietjie wie dit is.”