John 13:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die maaltyd geëindig het, het die duiwel nou in die hart van Judas Iskariot, die seun van Simon, gegee om hom te verraai;
Afrikaans (NLV) 2011 Gedurende die aandete het die duiwel alreeds ’n saadjie in die hart van Judas, die seun van Simon Iskariot, geplant om Jesus uit te lewer.
Afrikaans 1933/1953 En gedurende die maaltyd -- die duiwel het dit al in die hart van Judas Isk riot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai --
Afrikaans 1983 Jesus en sy dissipels was aan tafel. Die duiwel het toe al klaar vir Judas seun van Simon Iskariot op die gedagte gebring om Jesus te verraai.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gedurende die aandete het die Duiwel dit reeds in die hart van Judas, seun van Simon Iskariot, gelê om Jesus te verraai.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus en die dissipels was besig om te eet. Die duiwel het toe al klaar vir Judas die plan gegee om Jesus te verraai.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daardie aand het Jesus saam met sy groepie getrouste volgelinge geëet. Die duiwel het toe al klaar vir Judas oortuig om Jesus in die rug te steek.