John 13:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek spreek nie van julle almal nie: Ek weet wie Ek uitverkies het, maar dat die Skrif vervul kan word: Hy wat saam met my brood eet, het sy hakskeen teen My opgehef.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek praat nie van julle almal nie. Ek weet goed wie Ek uitgesoek het. Die Skrif moet egter in vervulling gaan: ‘Die een wat van my brood geniet, het teen My gedraai.’
Afrikaans 1933/1953 Ek spreek nie van julle almal nie -- Ek weet wie Ek uitverkies het -- maar dat die Skrif vervul kan word: Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen My opgelig.
Afrikaans 1983 “Ek praat nie van julle almal nie; Ek weet wie Ek uitgekies het. Maar die Skrif moet vervul word: ‘Hy wat van my brood eet, het My in die rug gesteek.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sê dit nie van julle almal nie; Ek weet wie Ek uitgekies het, maar die Skrif moet vervul word, ‘Die een wat my brood geëet het, het sy hakskeen teen my gelig.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ek praat nie van julle almal nie. Ek weet vir wie Ek gekies het. Die woorde wat in die Ou Testament geskryf is, sal waar word. Daar is geskryf: “ 'n Man wat saam met my eet, het my vyand geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek praat nie van julle almal nie. Ek ken julle goed, want Ek het julle as my vriende gekies. In die Skrif staan: ‘Die een wat saam met My geëet het, het my seer geskop.’ Julle sal dit sien waar word.