John 13:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jesus sê vir hom: Hy wat gewas is, het nie nodig nie, behalwe om sy voete te was, maar is heeltemal rein; en julle is rein, maar nie almal nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus sê vir hom: “Iemand wat klaar gebad het, is heeltemal skoon, behalwe om nog sy voete te was. En julle is mos reeds skoon — nee, tog nie almal nie.”
Afrikaans 1933/1953 Jesus sê vir hom: Hy wat gewas is, het niks anders nodig as om die voete te was nie, maar is heeltemal rein; en julle is rein, maar nie almal nie.
Afrikaans 1983 En Jesus sê vir hom: “Hy wat klaar gebad het, is heeltemal skoon; hy hoef later niks meer as sy voete te was nie. En julle is nou skoon, maar nie almal nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Jesus sê vir hom: “Iemand wat gebad is, het nie nodig dat iets anders as sy voete gewas word nie, omdat hy reeds heeltemal skoon is. En julle is skoon, maar nie almal nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het vir hom gesê: “Wanneer 'n mens klaar gebad het, dan is jou liggaam klaar skoon. Dan is dit net jou voete wat jy moet was. Julle wat hier by My is, is skoon, maar nie almal nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus sê toe: “Jy het mos vanoggend gebad. Dit is nou eers genoeg om net jou voete te was; dan is jy weer heeltemal skoon. Maar nie almal van julle sal skoon word nie, al was Ek almal se voete.”