John 13:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En voor die fees van die pasga, toe Jesus geweet het dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld na die Vader sou gaan, omdat Hy sy eie mense liefgehad het wat in die wêreld was, het Hy hulle liefgehad tot die einde toe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Voor die viering van die paasmaaltyd het Jesus reeds geweet dat sy tyd aangebreek het om van hierdie wêreld af na die Vader toe oor te gaan. Jesus was lief vir sy eie mense wat in die wêreld gewoon het. Hy het hulle enduit liefgehad. |
| Afrikaans 1933/1953 | En voor die fees van die pasga het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe. |
| Afrikaans 1983 | Voor die viering van die paasfees het Jesus reeds geweet dat die tyd vir Hom gekom het om van hierdie wêreld af na die Vader oor te gaan. Hy het sy eie mense wat in die wêreld is, liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste toe liefgehad. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Voor die Fees van die Pasga het Jesus reeds geweet dat sy uur aangebreek het dat Hy van hierdie wêreld na die Vader sou oorgaan. Daarom, omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, het Hy hulle liefgehad tot aan die einde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit was amper tyd vir die Paasfees. Jesus het geweet dit was tyd om weg te gaan van hierdie wêreld en terug te gaan na sy Vader toe. Alles wat Jesus tot daardie dag gedoen het, het gewys dat Hy lief was vir die mense wat aan Hom behoort het en wat in die wêreld was. Jesus het tot die einde sy liefde vir hulle gewys, Hy het dit heeltemal gewys toe Hy aan die kruis gesterf het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die paasfees was net om die draai. Jesus het besef die tyd het gekom om terug te gaan na sy Vader toe. Dit was nie vir Hom maklik nie. Hy het baie geheg geraak aan sy getroue volgelinge hier op aarde. Hy was baie lief vir hulle. |