John 12:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Baie mense van die Jode het dan geweet dat Hy daar was, en hulle het gekom nie alleen ter wille van Jesus nie, maar om ook Lasarus te sien, wat Hy uit die dode opgewek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Groot skare uit die geledere van die Jode het kennis geneem dat Jesus daar is. Hulle het daarheen gekom, nie net ter wille van Jesus self nie, maar ook om vir Lasarus, vir wie Jesus uit die dood opgewek het, te sien. |
| Afrikaans 1933/1953 | En 'n groot menigte uit die Jode het verneem dat Hy daar was, en het gekom, nie alleen ter wille van Jesus nie, maar ook om Lasarus te sien, wat Hy uit die dode opgewek het. |
| Afrikaans 1983 | Baie van die Jode het verneem dat Jesus daar is en het daarheen gekom, nie net ter wille van Jesus nie, maar ook om vir Lasarus te sien wat Hy uit die dood opgewek het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Groot skare Jode het verneem dat Jesus daar was, en hulle het gekom, nie ter wille van Jesus alleen nie, maar sodat hulle ook vir Lasarus kon sien wat Hy uit die dood opgewek het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Baie Jode het gehoor dat Jesus in die dorpie Betanië is. Hulle het toe na Betanië gegaan. Hulle wou vir Jesus sien, maar hulle wou ook graag vir Lasarus sien. Dit is Lasarus wat dood was, maar Jesus het hom weer laat lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die nuus dat Jesus in Betanië was, het soos ’n veldbrand versprei. Die Jode het dadelik afgesit soontoe. Dit was nie net omdat Jesus daar was nie. Hulle was baie nuuskierig om Lasarus ook te sien. Hulle wou sien hoe lyk iemand wat dood was, maar nou leef. |