John 12:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit het hy gesê, nie dat hy vir die armes omgegee het nie; maar omdat hy 'n dief was en die sak gehad het en gedra het wat daarin gesit is.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit het hy gesê, nie omdat hy so danig besorgd was oor die armes nie, maar omdat hy ’n dief was. Hy het die geldbeurs gedra en het van die bates verduister.
Afrikaans 1933/1953 En dit het hy gesê, nie omdat hy oor die armes besorg was nie, maar omdat hy 'n dief was en die beurs gehad het en die bydraes geneem het.
Afrikaans 1983 Dit het hy gesê, nie omdat hy hom oor die armes bekommer het nie, maar omdat hy 'n dief was. Hy het die beursie gehad en het van die bydraes gevat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het dit gesê, nie omdat hy vir die armes omgegee het nie, maar omdat hy 'n dief was – hy het die geldbeurs gedra en het van die bydraes gevat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Judas was nie regtig bekommerd oor die arm mense nie. Hy was 'n dief. Hy het die sak gedra waarin Jesus en die dissipels se geld was en hy het baie maal van die geld gesteel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar Judas was ’n groter jakkals as dit. Hy was nie so vreeslik bekommerd oor die armes nie. Nee, hy was ’n regte dief. Hy het mos met Jesus-hulle se geld gewerk en homself goed daaraan gehelp.