John 12:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Waarom is hierdie salf nie vir driehonderd pennies verkoop en aan die armes gegee nie?
Afrikaans (NLV) 2011 “Waarom is hierdie olie nie eerder vir ’n yslike bedrag verkoop en die opbrengs aan die armes gegee nie?”
Afrikaans 1933/1953 Waarom is hierdie salf nie vir drie honderd pennings verkoop en die geld aan die armes gegee nie?
Afrikaans 1983 “Waarom is hierdie reukolie nie vir drie honderd silwermuntstukke verkoop en die geld vir die armes gegee nie?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Waarom is hierdie reukolie nie vir driehonderd denarius verkoop en die geld aan die armes gegee nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Maria het nou hierdie duur olie gemors. Ons kon dit verkoop het vir 300 silwer geldstukke en dan kon ons die geld vir die arm mense gegee het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Watse geldmorsery is dit dié? Hoekom het ons nie liewer die olie gevat en gaan verkoop nie? Ons sou maklik ’n volle jaar se salaris van ’n handwerker vir die olie kon gekry het. Dink net hoeveel armes ons met soveel geld kon gehelp het! Nou het ons niks nie.”